Walt Disney

Walt Disney
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Walt Disney, 1954

Geboortenaam Walter Elias Disney
Geboorte 5 Desember 1901
Chicago, Illinois
Sterfte 15 Desember 1966 (op 65)
Los Angeles, Kalifornië
Nasionaliteit Verenigde State
Beroep(e) tekenprentvervaardiger, filmmaker
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Newman Laugh-O-Gram (1921)

Walter Elias Disney (* 5 Desember 1901 - † 15 Desember 1966) was 'n Amerikaanse tekenprentvervaardiger en filmmaker. Hy is die vader van tekenprentfilms en die skepper van wêreldbekende tekenprentkaraktertjies soos Donald Duck, Mickey Mouse en Goofy wat kinders en grootmense van oor die hele wêreld al vir dekades lank vermaak. Disneyland met sy tegniese en sprokiesagtige besienswaardighede wat in 1955 naby Los Angeles opgerig is, was Walt Disney se breinkind. So ook Disney World, Disneyland naby Orlando, Florida. Beide pretparke is onder die gewildste toeriste-aantreklikhede in die wêreld.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search